Eksodus 28:22-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Jy moet ook kettings vir die borsplaat maak. Maak dit soos gedraaide toue van suiwer goud.

23. Jy moet ook twee goue ringe maak vir die borsplaat en maak die twee ringe vas aan die twee bo-ente van die borsplaat

24. en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan die bo-ente van die borsplaat

25. en maak die twee ander ente van die twee toutjies vas aan die twee monteerrame en maak dié dan vas aan die skouers van die skouerkleed, aan die voorkant daarvan.

26. Jy moet ook twee goue ringe maak en dié aan die twee kante van die borsplaat, aan die einde wat teen die skouerstuk lê, aan die binnekant, vasmaak.

Eksodus 28