Eksodus 28:15-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Jy moet die borsplaat van beslissing maak van kunstige werk; soos die vakmanskap van die skouerstuk moet jy dit maak; van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en van wit geweefde linne moet jy dit maak.

16. Dit moet in ’n vierkant gevou word; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte.

17. Jy moet vier rye stene, in rame gemonteer, insit: die eerste ry moet ’n robyn, ’n topaas en ’n smarag wees.

Eksodus 28