16. Jy sal ook die Fees van die Oes hou, van die eersteling-oes van jou werk, van wat jy op die land saai en ook die Fees van die Insameling aan die einde van die jaar wanneer jy jou werk uit die land insamel.
17. Drie maal per jaar moet al jou manspersone voor die Meester, יהוה, verskyn.
18. Jy mag die bloed van My offer nie saam met gesuurde brood offer nie. Ook mag die vet van My feesoffer nie tot die oggend toe oorbly nie.
19. Die eerste van die eersteling-oes van jou grond moet jy in die huis van יהוה, jou God, bring. Jy mag ’n bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
20. Let op, Ek stuur ’n boodskapper voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.
21. Wees waaksaam voor hom en luister na sy stem; moenie rebels wees teenoor hom nie, want hy sal julle oortreding nie verdra nie, want My Karakter en Outoriteit is in hom,
22. maar as jy sekerlik na sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek ’n Vyand van jou vyande en ’n Teëstander van jou teëstanders wees,
23. want My boodskapper sal voor jou uit gaan en jou bring na die Emoriete, Hittiete, P’riziete, Kena’aniete, Hiviete en Y’vusiete en Ek sal hulle volkome vernietig.
24. Jy mag jou voor hulle gode nie neerbuig en hulle nie dien nie, ook mag jy nie doen volgens hulle dade nie, maar jy moet hulle omgooi en hulle afbreek en hulle klippilare breek en in stukkies slaan.1 Kon 11
25. Julle moet יהוה, julle God, dien en Ek sal jou brood en jou water seën en Ek sal siektes van tussen jou uit verwyder.