Eksodus 22:18-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. ’n Heks mag jy nie laat lewe nie.

19. Elkeen wat met ’n dier gemeenskap het, moet die dood sterf.

20. Hy wat aan enige god offer, behalwe aan יהוה alleen, moet vernietig word.

21. Jy mag nie ’n vreemdeling sleg behandel of hom onderdruk nie, want julle was vreemdelinge in die land van Mitzrayim.

22. Julle mag geen weduwee of wees leed aandoen nie.

Eksodus 22