17. Moshe se skoonvader sê vir hom: “Die ding wat jy doen, is nie goed nie.
18. Beide jy en die mense wat saam met jou is, sal heeltemal uitgeput raak, want die saak is ’n te groot las vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie.
19. Luister nou na my stem; ek sal jou raad gee en God sal met jou wees. Wees voor God vir die volk ’n verteenwoordiger en bring jy hulle sake voor God,
20. leer hulle dan die opdragte en wette en maak hulle die pad bekend waarop hulle moet loop en die werk wat hulle moet doen.Efe 2:10