21. Moshe het sy hand uitgesteek oor die see en יהוה het deur ’n sterk oostewind die hele nag deur die see laat teruggaan, die see droog gemaak en die waters is verdeel.
22. Die seuns van Yisra’el het op droë grond deur die see getrek. Die waters was vir hulle ’n muur aan hul regter- en aan hul linkerkant.
23. Die Mitzrayiete het hulle agternagesit en hulle gevolg na die middel van die see; al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters.
24. Dit het gebeur tydens die oggendwag dat יהוה, in die vuur- en wolkkolom, op die leër van die Mitzrayiete afgekyk het en die leër van die Mitzrayiete deurmekaar gemaak het.