Eksodus 10:16-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Farao het haastig vir Moshe en Aharon laat roep en gesê: “Ek het gesondig teen יהוה, julle God en teen julle;

17. daarom, vergeef nou asseblief net dié keer my sonde en tree in by יהוה, julle God sodat Hy slegs hierdie dood van my af wegvat.”

18. Hy het van Farao af weggegaan en ingetree by יהוה.

Eksodus 10