Deuteronomium 29:1-2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die woorde van die verbond wat יהוה Moshe beveel het om met die seuns van Yisra’el te sluit in die land van Mo’av, bo en behalwe die verbond wat Hy met hulle by Horev gesluit het.

2. Moshe het die hele Yisra’el geroep en vir hulle gesê: “Julle het alles gesien wat יהוה in die land van Mitzrayim voor julle oë aan Farao, aan al sy dienaars en aan sy hele land gedoen het,

Deuteronomium 29