Deuteronomium 27:3-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. en wanneer jy oortrek moet jy al die woorde van hierdie wet daarop skryf sodat jy kan ingaan in die land wat יהוה, jou God, jou gee, ’n land wat vloei met melk en heuning, soos יהוה, die God van jou vaders, jou beloof het.

4. So sal dit wees wanneer jy deur die Yarden trek dat julle hierdie klippe op die berg `Eival moet oprig, soos ek julle vandag beveel en jy moet dit met kalk bedek.

5. Meer nog, jy moet daar vir יהוה, jou God, ’n altaar bou, ’n altaar van klippe; jy mag geen yster daaroor swaai nie.

Deuteronomium 27