3. Jy sal na die priester toe gaan wat aan diens is in dié dae en jy moet vir hom sê: ‘Ek verklaar vandag teenoor יהוה, my God, dat ek in die land ingekom het wat יהוה aan ons vaders met ’n eed beloof het om aan ons te gee.’
4. Dan moet die priester die mandjie uit jou hand vat en dit voor die altaar van יהוה, jou God, neersit.
5. Jy moet antwoord en voor יהוה, jou God, sê: ‘My vader is na Aram gelei en het na Mitzrayim afgetrek en daar as besoeker gebly met min mense, maar daar het hy ’n groot, magtige en talryke nasie geword.
6. Die Mitzrayiete het ons hard behandel, ons onderdruk en harde werk op ons afgedwing.
7. Toe het ons uitgeroep na יהוה, die God van ons vaders en יהוה het ons stem gehoor en ons moeilikheid, ons harde werk en ons onderdrukking gesien
8. en יהוה het ons uit Mitzrayim uitgelei deur ’n magtige hand en ’n uitgestrekte arm, deur groot angswekkende dade en deur tekens en wonders
9. en Hy het ons na hierdie plek gebring en ons hierdie land gegee, ’n land wat vloei met melk en heuning.
10. Nou, let op, ek het die eerstelinge van die vrugte van die land wat U, יהוה, my gegee het, gebring.’ Dan moet jy dit neersit voor יהוה, jou God en jou neerbuig voor יהוה, jou God
11. en jy, die Leviet en die vreemdeling wat tussen jou is, moet julle verheug oor al die goeie wat יהוה, jou God, jou en jou huis gegee het.
12. Wanneer jy klaar al die tiendes van jou vermeerdering afgesonder het in die derde jaar, die jaar van die tiendes, dan moet jy dit aan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee gee dat hulle in jou dorpe kan eet en tevrede wees.
13. Jy moet voor יהוה, jou God, sê: ‘Ek het die afgesonderde gedeelte uit my huis verwyder en dit ook aan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee gegee, volgens al U opdragte wat U my beveel het; ek het geeneen van U opdragte oortree of vergeet nie.