Deuteronomium 12:3-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Julle moet hulle altare afbreek, hulle klippilare verbreek, hulle afgesonderde boomstamme met vuur verbrand, die gesnede beelde van hulle gode omkap en hulle naam (karakter en outoriteit) uit daardié plek uit vernietig.

4. Julle mag nie so optree teenoor יהוה, julle God, nie,

5. maar julle moet gereeld die plek opsoek wat יהוה, julle God, uit al julle stamme sal uitkies om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) daar te vestig en Sy plek om te woon en daarheen moet jy kom.

6. Daarheen moet julle jul brandoffers bring, julle offers, julle tiendes, die offer wat julle oplig met julle hand, julle gelofte offers, julle vrywillige offers en die eersgeborenes van julle beeste en van julle kleinvee.

7. Daar sal julle voor die Teenwoordigheid van יהוה, julle God, eet en vol vreugde wees, julle en jul huisgesinne, oor alles waaraan julle jul hand slaan, waarin יהוה, jou God, jou geseën het.

Deuteronomium 12