Dani'el 9:3-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Ek het my gesig voor יהוה-God opgelig om met gebed en versoeke, roukleed en as, te soek;

4. ek het gebid tot יהוה, my God en belydenis gedoen en gesê: “Ek smeek U, o יהוה, groot en gerespekteerde God, wat die verbond en onverdiende guns behou vir hulle wat Hom liefhet en Sy opdragte gehoorsaam,

5. ons het gesondig, oortredings begaan, boos gehandel, gerebelleer en van U opdragte en oordele afgedwaal.

6. Ons het ook nie geluister na U diensknegte, die profete, wat in U Naam (Karakter en Outoriteit) tot ons konings, ons prinse, ons vaders en tot die hele volk van die land gepraat het nie.

7. Aan U, יהוה, kom die onpartydige opregtheid toe, maar aan ons kom op hierdie dag beskaming toe; aan die manne van Y’hudah, die inwoners van Yerushalayim en aan die hele Yisra’el, die wat naby en die wat ver is, in al die lande waarheen U hulle verdryf het, weens hulle oortredinge wat hulle teen U begaan het.

8. יהוה, aan ons kom toe beskaming van gesig, aan ons konings, ons prinse en ons vaders omdat ons teen U gesondig het.

Dani'el 9