Dani'el 1:16-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Menezar het die deel van hulle kos en die wyn wat hulle moes drink, weggevat en vir hulle groente gegee om te eet en water om te drink.

17. Wat hierdie vier jong seuns betref, God het aan hulle insig, kennis in elke boek en wysheid gegee en Dani’el het begrip in visioene en drome gehad.

18. Toe die dae verby was wat die koning vasgestel het, het die hoof van die lyfknegte hulle voor N’vukhadnetzar gebring

19. en die koning het met hulle gepraat en niemand onder hulle gevind soos Dani’el, Hananyah, Misha’el en `Azaryah nie; daarom het hulle voor die koning gedien

20. en in enige saak van wysheid en insig wat die koning van hulle gevra het, het hy hulle tien maal beter gevind as al die towenaars en sterrekundiges wat in sy hele koninkryk was.

21. Dani’el het aangehou selfs tot die eerste jaar van koning Koresh.

Dani'el 1