20. Toe kom Avshalom se diensknegte by die vrou by die huis en vra: “Waar is Agima’atz en Y’honatan?” Die vrou sê vir hulle: “Hulle het die stroompie water oorgegaan.” Toe hulle gesoek en niks gekry het nie, het hulle na Yerushalayim teruggegaan.
21. Dit het gebeur nadat hulle weggegaan het dat hulle uit die put uit opgekom en gegaan en aan koning Dawid berig gebring het en hulle het vir Dawid gesê: “Staan op en trek gou deur die water, want so het Agitofel teen julle advies gegee.”
22. Toe het Dawid en al die mense wat by hom was, opgestaan en die Yarden oorgesteek en teen oggendlig het selfs nie een oorgebly wat nie die Yarden oorgesteek het nie.