2 Sh'mu'el 11:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het dit in die lente, wanneer die konings uittrek, gebeur dat Dawid vir Yo’av, sy diensknegte saam met hom en die hele Yisra’el uitstuur en hulle het die seuns van `Ammon vernietig en Rabbah beleër, maar Dawid het in Yerushalayim gebly.

2. Met sonsondergang het Dawid van sy bed af opgestaan en op die dak van die paleis rondgeloop en van die dak af het hy ’n vrou gesien wat besig was om te bad en die vrou was baie mooi in voorkoms.

3. Dawid het gestuur en navraag gedoen na die vrou en een het gesê: “Is dit nie BatSh’va, die dogter van Eli’am, die vrou van Uriyah, die Hittiet, nie?

2 Sh'mu'el 11