2 Kronieke 9:17-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Verder het die koning ook ’n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.

18. Die troon het ses trappe gehad en die rand het van agteraf ingekrul met armleunings aan elke kant van die sitplek, met twee leeus wat agter die armleunings staan.

19. Twaalf leeus het weerskante op die ses trappe gestaan. Die gelyke is nooit in enige koninkryk gemaak nie.

2 Kronieke 9