2 Kronieke 33:7-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy het die beeld van die afgod wat vier gesigte het, wat hy gemaak het, in die huis van יהוה opgestel waarvan יהוה aan Dawid en sy seun Shlomo gesê het: “In hierdie huis en in Yerushalayim, wat Ek uit al die stamme van Yisra’el vir Myself gekies het, sal Ek vir ewig My Naam (Karakter en Outoriteit) vestigDeut 30:15-20

8. en Ek sal die volk Yisra’el ook nie weer van hierdie land af verwyder wat Ek aan hulle vaders gegee het nie; as hulle maar net aandag wil gee om alles te doen wat Ek hulle beveel het, volgens die hele wet en die instellings en oordele wat My dienskneg Moshe hulle beveel het.”

9. M’nasheh het Y’hudah en die inwoners van Yerushalayim laat wegdwaal om bose dade te doen soos die nasies wat יהוה voor die seuns van Yisra’el vernietig het.

10. יהוה het met M’nasheh en met Sy volk gepraat, maar hulle het nie geluister nie;

11. daarom het יהוה die bevelvoerders van die leër van die koning van Ashur teen hulle gebring, wat M’nasheh lewendig gevang en hom met kettings geboei en na Bavel gevat het.

2 Kronieke 33