2 Kronieke 27:6-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Yotam het magtig geword, want hy het sy lewenswyse voor die Teenwoordigheid van יהוה, sy God, gevestig.

7. Die res van die dade van Yotam, al sy oorloë en sy lewenswyse, let op, dit is opgeskryf in die ‘Boek van die konings van Yisra’el en Y’hudah.’

8. Hy was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het en het vir sestien jaar in Yerushalayim regeer.

9. Yotam is neergelê by sy vaders en hy is begrawe in die stad van Dawid. Agaz, sy seun, het in sy plek geheers.2 Kon 16:1-20

2 Kronieke 27