1. Dit het gebeur toe Regav’am die koningskap gevestig en homself versterk het dat hy die wet van יהוה verlaat het en die hele Yisra’el saam met hom.
2. Dit het gebeur in die vyfde jaar van koning Regav’am dat Shishak, koning van Mitzrayim, teen Yerushalayim opgetrek het omdat hulle oortree het teen יהוה,
3. met een duisend tweehonderd strydwaens en sestig duisend perderuiters en die manskappe wat saam met hom uit Mitzrayim gekom het, was ontelbaar: Luvimiete, Sukki’iete en Kushiete.
4. Hy het die versterkte stede van Y’hudah ingeneem en tot by Yerushalayim gekom.
5. Toe kom Sh’ma’yah, die profeet, na Regav’am en die prinse van Y’hudah wat as gevolg van Shishak in Yerushalayim bymekaargekom het en sê vir hulle: “So sê יהוה: ‘Julle het My verlaat, Ek het julle daarom oorgegee in die hand van Shishak.’”