2 Konings 6:12-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Een van sy diensknegte antwoord: “Nee, my meester, o koning, Elisha, die profeet wat in Yisra’el is, vertel aan die koning van Yisra’el die woorde wat u in u slaapkamer praat.”

13. Hy het gesê: “Gaan kyk waar hy is sodat ek kan stuur en hom laat vang.” Dit is vir hom vertel en gesê: “Let op, hy is in Dotan.”

14. Hy het perde, strydwaens en ’n groot leër daarheen gestuur en hulle het in die nag gekom en die stad omsingel.

15. Toe die lyfbediende van die man van God vroeg opgestaan en uitgegaan het, let op, het ’n leër met perde en strydwaens om die stad beweeg. Sy dienskneg sê vir hom: “Ag, my meester, wat sal ons doen?”

16. Hy antwoord: “Moenie vrees nie, want dié wat by ons is, is meer as dié wat by hulle is.”

2 Konings 6