2 Konings 4:41-44 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

41. Hy sê egter: “Bring meel.” Hy gooi dit in die pot en sê: “Skep uit vir die mense sodat hulle kan eet.” Toe was daar niks verkeerd in die pot nie.

42. ’n Man het van Ba’al-Shalishah af gekom en vir die man van God brood van die eersteling vrugte gebring; twintig garsbrode en vars graan in sy sak. Hy het gesê: “Gee vir die mense sodat hulle kan eet.”

43. Sy dienskneg antwoord: “Wat? Sal ek dit aan ’n honderd man voorsit?” Hy sê egter: “Gee vir die mense sodat hulle kan eet, want so sê יהוה: ‘Hulle sal eet en oorhou.’”Mat 14:14-21; Yeg 15:32-39; Mar 8:1-8

44. Hy sit dit voor hulle neer en hulle het geëet en oorgehou volgens die woord van יהוה.

2 Konings 4