2 Konings 4:38-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

38. Toe Elisha teruggegaan het na Gilgal, was daar hongersnood in die land. Terwyl die profete-seuns voor hom sit, sê hy vir sy dienskneg: “Sit die groot pot op en maak ’n bredie vir die profete-seuns.”

39. Toe gaan een uit in die veld om kruie te versamel en hy het wilde ranke gekry en sy kleed vol wilde pampoene gepluk en gekom en dit in die pot bredie ingesny, want hulle het dit nie geken nie.

40. Hulle het vir die manne opgeskep om te eet en net toe hulle van die bredie eet, skreeu hulle en roep: “Man van God, daar is dood in die pot!” Hulle kon dit nie eet nie.

2 Konings 4