1. ’n Sekere vrou vanuit die vroue van die profete-seuns het na Elisha uitgeroep: “U dienskneg, my man, is dood en u weet dat u dienskneg, יהוה respekvol gevrees het en die skuldeiser het gekom om my twee seuns te vat om sy slawe te wees.”
2. Elisha het vir haar gesê: “Wat kan ek vir jou doen? Vertel my, wat het jy in die huis?” Sy antwoord: “U dienares het niks in die huis nie, behalwe ’n fles met olie.”
3. Toe sê hy: “Gaan, leen vir jou baie leë houers van al jou bure; moenie min kry nie.
4. Gaan dan in en sluit die deur agter jou en jou seuns toe, gooi dit in al daardie houers en sit dit wat vol is eenkant.
5. Sy het van hom af weggegaan en die deur agter haar en haar seuns toegesluit; hulle het die houers vir haar gebring en sy het gegooi.