24. Die koning van Ashur het uit Bavel, uit Kutah, uit `Ava, uit Hamat en S’farvayim mense gebring en laat woon in die stede van Shomron, in die plek van die seuns van Yisra’el. Hulle het Shomron dus in besit geneem en in sy stede gaan woon.
25. Aan die begin van hulle verblyf daar het hulle יהוה nie gevrees nie; daarom het יהוה leeus tussen hulle ingestuur, wat sommige van hulle doodgemaak het.
26. Hulle het met die koning van Ashur gepraat en gesê: “Die nasies wat U weggevoer het na die stede van Shomron, ken nie die gebruike van die God van die land nie; daarom het Hy leeus onder hulle gestuur en let op, dié maak hulle dood omdat hulle nie die gebruike van die God van die land ken nie.