1 Yoganan 4:7-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Julle vir wie ons lief is, laat ons mekaar liefhê, want liefde is vanuit God en elkeen wat lief het, is vanuit God gebore en ken God

8. omdat God liefde is en elkeen wat nie liefhet nie, ken God nie.Yog 3:16

9. Hierin is die liefde van God vir ons openbaar: dat God Sy enigste uniekgebore Seun in die wêreld ingestuur het sodat dit deur Hom kan lewe.

10. Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en Sy Seun, die Vryspraak en Toedekking van ons sondes, gestuur het.

11. Julle, vir wie ons lief is, as God ons so liefhet, is ons dit verskuldig om mekaar lief te hê.

12. Niemand het God ooit gesien nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het Sy liefde in ons volmaak geword.

13. Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: dat Hy ons Sy Gees gegee het

14. en ons het gesien en ons getuig dat die Vader Sy Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.

15. Elkeen wat bely dat Yeshua die Seun van God is; in hom bly God en hy in God.

16. Ons ken en vertrou die liefde wat God vir ons het, want God is Liefde en elkeen wat in die liefde bly, bly in God.

1 Yoganan 4