1 Timotheos 3:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit is ’n vertrouenswaardige boodskap: as iemand na gemeenteleierskap (as oudste) verlang, begeer hy ’n goeie werk.

2. ’n Oudste moet: onberispelik wees, die man van een vrou, van waaksame verstand, nugter, met goeie optrede, gasvry, ’n leermeester;

3. nie oortree aangaande wyn nie, nie vinnig om te slaan nie, maar sag; nie twissoekerig of lief vir geld nie;

4. wat sy eie huis goed regeer en sy kinders in gehoorsaamheid hou in alle reinheid,

1 Timotheos 3