1 Timotheos 1:12-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Ek dank Hom wat my in staat gestel het, ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, wat my vertrouenswaardig geag en in Sy bediening aangestel het;

13. vir my wat vroeër ’n kwaadprater, ’n vervolger en ’n belediger was, maar ek het omgee ontvang omdat ek in ongeloof nie verstaan het wat ek doen nie,

14. maar in my was die onverdiende guns van ons Meester oorvloedig saam met vertroue en liefde wat in Yeshua, Die Gesalfde Een, is.

15. Dit is ’n vertrouenswaardige boodskap en waardig om aanvaar te word, dat Yeshua, Die Gesalfde Een, na die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die voorste is,Yog 16:13

1 Timotheos 1