1 Sh'mu'el 9:8-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Die dienskneg het Sha’ul weer geantwoord en gesê: “Let op, ek het nog ’n kwart van ’n sikkel silwer by my; ek sal dit vir die man van God gee en hy sal ons oor ons pad inlig.”

9. Vroeër, as ’n man in Yisra’el gegaan het om God te raadpleeg, het hy gesê: “Kom, laat ons na die siener gaan,” want hy wat nou ’n profeet genoem word, is vroeër ’n siener genoem.

10. Toe sê Sha’ul vir sy dienskneg: “Goed gesê, laat ons gaan.” Hulle gaan na die stad toe waar die man van God is.

11. Terwyl hulle die opdraande na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te trek en vra vir hulle: “Is die siener hier?”

1 Sh'mu'el 9