1 Sh'mu'el 17:30-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Toe draai hy van hom af weg na ’n ander en vra dieselfde ding en die manne het hom dieselfde geantwoord as vroeër.

31. Toe die woorde wat Dawid sê gehoor word, is dit aan Sha’ul vertel en hy het hom laat haal.

32. Dawid het vir Sha’ul gesê: “Laat geen man se binneste faal as gevolg van hom nie, u dienskneg sal gaan en teen hierdie F’lishtyn baklei.”

33. Toe antwoord Sha’ul vir Dawid: “Jy is nie in staat om teen hierdie F’lishtyn op te gaan om teen hom te veg nie, want jy is nog jonk terwyl hy ’n krygsman van sy jeug af is.”

1 Sh'mu'el 17