1 Sh'mu'el 17:26-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Toe praat Dawid met die manne wat by hom staan en sê: “Wat sal vir die man gedoen word wat hierdie F’lishtyn doodmaak en die smaad van Yisra’el af wegvat? Wie is hierdie onbesnede F’lishtyn dat hy die leërmagte van die lewende God uittart?”

27. Die manne antwoord hom volgens hierdie woorde en sê: “Só sal gedoen word vir die man wat hom doodmaak.”

28. Eli’av, sy oudste broer, het gehoor toe hy met die manne praat en Eli’av se woede het gebrand teen Dawid en hy het gesê: “Hoekom het jy afgekom en by wie het jy daardie paar skape in die wildernis gelos? Ek ken jou vermetelheid en die boosheid van jou hart, want jy het afgekom om die geveg te sien.”

1 Sh'mu'el 17