4. Sh’mu’el het gedoen wat יהוה gesê het en by Beit-Legem gekom. Die oudstes van die stad het hom bewend tegemoetgegaan en gevra: “Kom u in vrede?”
5. Hy sê: “In vrede! Ek het gekom om aan יהוה te offer. Sonder julle af en kom saam met my na die offers.” Hy het ook vir Yishai en sy seuns afgesonder en hulle na die offers genooi.
6. Toe hulle inkom, kyk hy na Eli’av en dink: “Sekerlik is יהוה se gesalfde voor Hom!”
7. יהוה sê egter vir Sh’mu’el: “Moenie na sy voorkoms of sy lang gestalte kyk nie, want Ek het hom verwerp, want God kyk nie soos wat die mens sien nie, want die mens kyk na die uiterlike voorkoms, maar יהוה kyk na die verstand, wil en emosie.”
8. Toe roep Yishai vir Avinadav en laat hom voor Sh’mu’el verbygaan en hy sê: “יהוה het hierdie een ook nie gekies nie.”
9. Volgende laat Yishai vir Shammah verbygaan en hy sê: “יהוה het ook nie hierdie een gekies nie.”