1 Sh'mu'el 16:3-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Jy moet Yishai na die offers toe nooi en Ek sal jou wys wat jy moet doen en jy moet die een vir My salf wat Ek vir jou sal aanwys.”

4. Sh’mu’el het gedoen wat יהוה gesê het en by Beit-Legem gekom. Die oudstes van die stad het hom bewend tegemoetgegaan en gevra: “Kom u in vrede?”

5. Hy sê: “In vrede! Ek het gekom om aan יהוה te offer. Sonder julle af en kom saam met my na die offers.” Hy het ook vir Yishai en sy seuns afgesonder en hulle na die offers genooi.

6. Toe hulle inkom, kyk hy na Eli’av en dink: “Sekerlik is יהוה se gesalfde voor Hom!”

1 Sh'mu'el 16