1 Sh'mu'el 15:24-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Toe sê Sha’ul vir Sh’mu’el: “Ek het gesondig; ek het waarlik die bevel van יהוה en u woorde oortree, want ek was bang vir die manne en het na hulle stem geluister;

25. daarom, asseblief spreek my sonde vry en keer terug saam met my dat ek יהוה kan aanbid.”

26. Sh’mu’el sê egter vir Sha’ul: “Ek sal nie saam met jou teruggaan nie omdat jy die woord van יהוה verwerp het en יהוה jou as koning oor Yisra’el verwerp het.”

1 Sh'mu'el 15