1 Kronieke 9:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die hele Yisra’el en Y’hudah is as boos beskou, want hulle is in ballingskap na Bavel weggevoer as gevolg van hulle boosheid.

2. Die eerste inwoners wat in hul eiendom, in hulle stede gaan bly het, was die Yisra’eliete, die priesters, die Leviete en die poortwagters.

3. In Yerushalayim het van die seuns van Y’hudah, van die seuns van Binyamin en van die seuns van Efrayim en M’nasheh gebly:

4. `Utai, die seun van `Ammihud, die seun van `Omri, die seun van Imri, die seun van Bani, van die seuns van Peretz, die seun van Y’hudah;

5. van die land van die Shiloniete: `Asaya, die eersgeborene en B’zaiyah, sy broer;

6. van die seuns van Zerag: Ye’u’el en hulle broers, ses honderd en negentig;

7. van die seuns van Binyamin: Sallu, die seun van Meshullam, die seun van Hodawyah, die seun van Hasnu’ah;

8. Yivneyah, die seun van Yerogam; Elah, die seun van `Uzi, die seun van Mikhri; Meshullam, die seun van Sh’fatyah, die seun van Re’u’el, die seun van Yivneyah

9. en hulle broers volgens hulle geslagte, nege honderd nege en negentig. Hulle almal was dapper manne, bevelvoerders oor ’n honderd, volgens hulle vaders se huise;

10. van die priesters: Y’da’yah, Y’hoyariv en Yakhin;

11. `Azaryah, die seun van Hilkiyah, die seun van Meshullam, die seun van Tzadok, die seun van M’rayot, die seun van Agituv, wie se huis oorkant die huis van God was;

12. `Adayah, die seun van Yerogam, die seun van Pash’gur, die seun van Malkiyah; Ma’asai, die seun van `Adi’el, die seun van Yagzerah, die seun van Meshullam, die seun van Meshilmit, die seun van Immer

13. en hulle broers, hoofde van die huis van hulle vaders, een duisend sewe honderd en sestig, baie bekwame manne vir die dienswerk van die huis van God;

1 Kronieke 9