1 Kronieke 4:32-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Hulle dorpies was: `Eitam, `Ayin, Rimmon, Tokhen en `Ashan, vyf stede

33. en al die dorpies wat in die omtrek van hierdie stede van Arkites was.

34. Hierdie was die stede waarin hulle gebly het en hulle het baie beroemd geword

35. en was in mooi plekke geleë en vrede en rustigheid het rondom hulle geheers.

36. Hierdie is die name van die prinse wat daar, in hulle families, was en in die huis van hulle vaders

37. en hulle het na die ingang van Geder gekom, so ver as die oostekant van die vallei, om weiding vir hulle vee te soek.

38. Hulle het goeie, ryk weiding gevind en die land was wyd en goed en vrede en rustigheid het daar geheers,

39. want hulle wat daar gebly het was die eerste setlaars.

40. Hierdie, wie se name neergeskryf is, het in die tyd van Hizkiyahu, koning van Y’hudah, gekom en hulle tente volkome vernietig

41. en al die fonteine besoedel wat tot vandag toe daar is en in hulle plekke gebly, want daar was goeie weiding vir hulle troppe.

1 Kronieke 4