11. want aan U, יהוה, behoort die grootheid en die mag en die lof en eer en die mooiheid en die majesteit, want U is die heerser oor alles wat in die hemel en op die aarde is; aan U, יהוה, behoort die koninkryk en die wysheid, die outoriteit en die kennis.
12. Beide rykdom en eer kom van U en U heers oor alles. In U hand is krag en mag en dit is in U hand om groot en sterk te maak, alle skepsele wat U geskep het.
13. Nou dank ons U, יהוה,ons God en lofprys U wonderlike Naam (Karakter en Outoriteit),
14. maar wie is ek en wat is my volk, want al my leermeesters het my geleer dat U lewenswyses ons gehelp het en U is ons versekerde verwagting, יהוה,ons God,
15. want ons is soos die spreekwoord van die wasem en die pottebakker en is vreemdelinge voor U en ’n klein volkie in die wêreld, maar U het van ouds af oor ons vaders geheers en U het hulle beveel hoe om te leef.