1 Kronieke 17:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur terwyl Dawid in sy huis gebly het, dat Dawid vir die profeet Natan gesê het: “Let op, ék bly in ’n huis wat bedek is met sederhout, maar die ark van die verbond van יהוה rus in ’n tent van bokhaar.”

2. Toe sê Natan vir Dawid: “Gaan en doen alles wat in jou verstand, wil en emosie is.”

3. Dit het gebeur in dieselfde nag dat die woord van יהוה tot Natan, die profeet kom en sê:

4. “Gaan en sê vir Dawid, my dienskneg: “Jy mag nie vir My ’n huis bou om in te bly nie,

1 Kronieke 17