1 Kronieke 16:10-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Roem in Sy afgesonderde Karakter en Outoriteit (Naam); laat die verstand, wil en emosie van dié wat יהוה soek, verheug wees.

11. Soek na יהוה en Sy sterkte; bid voortdurend voor Hom.

12. Onthou die wonderdade wat Hy gedoen het, Sy wonders en die regverdige oordele van Sy mond,

13. o julle, die nageslag van Avraham, Sy dienskneg, seuns van Yisra’el, Sy gekoses!

14. Hy is יהוה, ons God; Sy oordele is oor die hele aarde.

1 Kronieke 16