1 Korinthiërs 2:10-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. God het dit aan ons deur Sy Gees openbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God,

11. want wie ken die innerlike van die mens, as dit nie die gees van die mens is wat in hom is nie? Net so weet ook niemand wat ín God is nie, behalwe die Gees van God,

12. maar ons het nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat vanuit God is sodat ons kan verstaan wat God vir ons uit onverdiende guns gegee het.

13. Dit wat ons ook oor praat, nie met argumente wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Gees van Afsondering leer sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

14. Die natuurlike mens aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie, want dit is vir hom dwaasheid en hy kan dit nie verstaan nie omdat dit deur die gees onderskei word,

15. maar die geestelike mens beoordeel alle dinge, maar self word hy deur niemand beoordeel nie.Iyov 21:22; Yes 40:13 dat hy Hom sou kon leer?” Ons hét egter die gedagtes van Die Gesalfde Een.

16. “Want wie het die gedagtes van יהוה geken

1 Korinthiërs 2