1 Korinthiërs 15:27-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. “Want Hy het alles onderwerp onder Sy voete,” maar wanneer Hy sê dat alles ondergeskik gemaak is, is dit duidelik dat Hy wat alles aan Hom ondergeskik gemaak het, uitgesonder isDan 7:11-14

28. en wanneer alles ondergeskik aan Hom gemaak is, dan sal ook die Seun Homself ondergeskik maak aan die Een wat alles ondergeskik aan Hom gemaak het sodat God alles in almal kan wees.

29. Anders, wat sal dit hulle baat wat hulle laat doop met die dood tot doel, as die dooies nie weer sal lewe nie? Waarom laat hulle hul nog tot die dood, doop?

1 Korinthiërs 15