1 Konings 7:34-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. Daar was vier versterkings op die vier hoeke van elke staander; die versterkings was deel van die staander self.

35. Bo-op die staander was daar ’n ronde vorm van ’n half-el hoog wat bo-op die staander gebly het en sy rant was deel daarvan.

36. Hy het op die plate van sy kante en op sy rant gérubs, leeus en palmbome graveer volgens die ruimte op elkeen, met kransies rondom.

37. So het hy die tien staanders gemaak: almal het een gietwerk gehad, een maat en een vorm.

1 Konings 7