5. In Giv’on het יהוה in ’n droom in die nag aan Shlomo verskyn en God het gesê: “Vra wat Ek aan jou moet gee.”
6. Toe sê Shlomo: “U het aan u kneg, my vader Dawid, baie liefdevolle omgee gewys, soos wat hy voor U Teenwoordigheid geloop het in waarheid, in onpartydige opregtheid en in opregtheid van verstand, wil en emosie teenoor U en U het vir hom hierdie groot liefdevolle omgee bewaar dat U vir hom ’n seun gegee het om op sy troon te sit, soos dit vandag is.
7. Nou, יהוה, my God, U het U kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek, maar ek is nog ’n jong seun; ek weet nie hoe om uit of in te gaan nie.
8. U kneg is tussen U volk wat U gekies het, ’n groot volk wat te veel is om getel of genommer te kan word.
9. Gee vir U dienskneg ’n begripvolle verstand, wil en emosie om U volk te oordeel; om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie is in staat om hierdie groot volk van U te regeer?”
10. Dit was goed in die oë van יהוה dat Shlomo dit gevra het.
11. God het vir hom gesê: “Omdat jy hierdie gevra het en nie vir jouself ’n lang lewe gevra het nie en ook nie rykdom vir jouself gevra het nie en ook nie die lewe van jou vyande gevra het nie, maar vir jouself onderskeiding gevra het om wat reg is te verstaan,