10. Dit was goed in die oë van יהוה dat Shlomo dit gevra het.
11. God het vir hom gesê: “Omdat jy hierdie gevra het en nie vir jouself ’n lang lewe gevra het nie en ook nie rykdom vir jouself gevra het nie en ook nie die lewe van jou vyande gevra het nie, maar vir jouself onderskeiding gevra het om wat reg is te verstaan,
12. let op, Ek het volgens jou woorde gedoen. Let op, Ek het vir jou ’n wyse en onderskeidende verstand, wil en emosie gegee sodat daar geen een soos jy vóór jou was en een soos jy ná jou sal opstaan nie.
13. Ek het ook vir jou gegee wat jy nie gevra het nie, beide rykdom en eer sodat daar onder die konings niemand soos jy sal wees nie, al jou dae.
14. As jy in My paaie loop, My wette en opdragte onderhou, soos jou vader Dawid geloop het, dan sal Ek jou dae verleng.”
15. Toe word Shlomo wakker en let op, dit was ’n droom! Hy het in Yerushalayim gekom en voor die ark van die verbond van יהוה gaan staan en brandoffers gebring en vredesoffers voorberei en ’n feesmaal vir al sy diensknegte voorberei.
16. Toe kom daar twee vroue, wat prostitute was, na die koning en staan voor hom.