1 Konings 21:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het ná hierdie dinge gebeur dat Navot, ’n Yizre’eliet, in Yizre’el ’n wingerd gehad het, wat langs die paleis van Ag’av, koning van Shomron, was.

2. Ag’av het met Navot gepraat en gesê: “Gee vir my jou wingerd sodat ek dit as ’n groentetuin kan hê, want dit is naby, langs my huis en ek sal vir jou ’n beter wingerd gee in sy plek; as jy wil, sal ek vir jou die prys daarvan in geld gee.”

3. Navot het egter vir Ag’av gesê: “יהוה verbied dat ek die erfenis van my vaders vir u sou gee!”

1 Konings 21