1 Konings 2:11-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die dae wat Dawid oor Yisra’el regeer het, was veertig jaar: in Hevron het hy sewe jaar regeer en drie en dertig jaar in Yerushalayim.

12. Shlomo het op die troon van Dawid, sy vader, gaan sit en sy koningskap was stewig vasgemaak.

13. Adoniyah, die seun van Haggit, het na Bat-Sh’va, die moeder van Shlomo, gekom en sy het gevra: “Kom jy in vrede?” Hy antwoord: “In vrede.”

14. Toe het hy gesê: “Ek het iets om vir u te sê.” Sy antwoord: “Praat.”

1 Konings 2