8. Aviyah is neergelê by sy vaders en hulle het hom in die stad van Dawid begrawe en Asa, sy seun, het in sy plek koning geword.2 Kro 14:1-16:14
9. In die twintigste jaar van Yarov’am, die koning van Yisra’el, het Asa begin heers as koning van Y’hudah.
10. Hy het een en veertig jaar in Yerushalayim regeer en die naam van sy moeder was Ma’akhah, die kleindogter van Avshalom.
11. Asa het gedoen wat reg was in die oë van יהוה, net soos sy vader Dawid.
12. Hy het ook die manlike kultusprostitute uit die land uitgesit en al die afgode wat sy vaders gemaak het, verwyder.
13. Hy het ook sy moeder, Ma’akhah, as koninginmoeder verwyder omdat sy ’n fees vir haar afgod gehou het en Asa het die afgod vernietig en by die Kidronspruit verbrand,
14. maar die hoë plekke is nie weggevat nie; nogtans was Asa se verstand, wil en emosie al sy dae volkome toegewy aan יהוה.