1 Konings 1:29-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Toe sweer die koning en sê: “Soos יהוה leef wat my uit alle benoudheid verlos het,

30. sekerlik, soos ek vir u by יהוה, die God van Yisra’el, gesweer en gesê het dat u seun Shlomo ná my koning sal wees en dat hy op my troon sal sit in my plek, sal ek sekerlik vandag doen.”

31. Toe het Bat-Sh’va met haar gesig na die grond toe neergebuig en voor die koning neergeval en gesê: “Mag my meester, koning Dawid, vir ewig leef!”

1 Konings 1