27. Is hierdie saak deur my meester die koning gedoen en u het nie vir u diensknegte gewys wie op die troon van my meester die koning ná hom sal sit nie?”
28. Toe het koning Dawid gesê: “Roep Bat-Sh’va na my toe!” Sy het in die teenwoordigheid van die koning gekom en voor die koning gaan staan.
29. Toe sweer die koning en sê: “Soos יהוה leef wat my uit alle benoudheid verlos het,
30. sekerlik, soos ek vir u by יהוה, die God van Yisra’el, gesweer en gesê het dat u seun Shlomo ná my koning sal wees en dat hy op my troon sal sit in my plek, sal ek sekerlik vandag doen.”
31. Toe het Bat-Sh’va met haar gesig na die grond toe neergebuig en voor die koning neergeval en gesê: “Mag my meester, koning Dawid, vir ewig leef!”