5. Verder moet hulle ook vir hulle leer om met wysheid op te tree en om hulle nie aan buitehuwelikse verhoudings skuldig te maak nie. Hulle moet ook vir jonger vroue sê om goed na hul gesinne se behoeftes om te sien en om in liefde op te kyk na hul mans. Dan sal God se Woord nie bespotlik gemaak word nie.
6. Titus, jy moet ook met die jonger mans in die kerk praat. Sê vir hulle om met wysheid op te tree.
7. Wat jou betref, jy moet in alles wat jy sê en doen ’n voorbeeld stel van hoe ’n Christen behoort te leef. Doen goed aan ander mense.