Spreuke 6:10-14 Die Boodskap (DB)

10. Jy sal nog laat by die werk aankom, daar rondsit of lyf wegsteek, dan roep die baas jou. Jy kan jou werk verloor.

11. Dan sluip die armoede jou lewe so ongemerk binne soos ’n skelm. Jy sal nie ’n verhoging kry nie. Dan sal armoede jou lewe so ernstig bedreig soos ’n gewapende man.

12. Daar is ’n mens aan wie jy net nooit ’n vat kan kry nie. Hy praat nou sus en later so. Sy woorde is bedrieglik.

13. Jy kan nooit daarop peil trek nie. Met die trek van sy oë, die geskuifel van sy voete en die wys van sy vingers lei hy mense om die bos.

14. In sy hart bedink hy heeltyd skelm planne. Waar hy is, is daar altyd rusie.

Spreuke 6